“Jou Sterre”

Jou Sterre Voorspel vir Junie 2009

Ram

Kwessies wat betrekking het op dissipline en gesondheid is aan die buurt hierdie maand. Ewe skielik is dit vir jou kristalhelder dat wat jy op ‘n daaglikse basis doen, vir ‘n gesonde gestel sorg, of vir die afwesigheid van een. Fiksheid word oor a tydstrek opgebou, nie oor ‘n naweek nie. Jy sal die motivering hê om veranderinge aan te bring aan jou daaglikse gewoontes, rondom die 3de en as jy dit kan volhou, sal dit jou lewe verander. Met jou heersende planeet, Mars, wat nou in Stier is, het jy die deursettingsvermoëe om dit te kan doen! Jy mag stadiger voel, maar dit is hoe volhoudbare verandering voel in die begin. Rondom die 21ste is dit ‘n goeie tyd vir jou om in die natuur te wees. Dit sal jou kreatiwiteit ‘n hupstoot gee en jou passievure bietjie aanblaas! Doen iets kunstig of romanties! Verhoudings of mense van jou verlede mag dalk weer ‘n draai maak. Gebruik jou helder oordeelssin om te besluit of dit goed is vir jou of nie.

Stier

Verlede maand het verby gevlieg in ‘n warrel omdat jou heersende planeet, Venus, meeste van haar tyd in vinnige, vurige Ram spandeer het. Sy gaan die teken, Stier, op die 6de binne, wanneer jy ‘n sug van verligting kan slaak en doen wat Bulle doen- hou vol, stap aan deur die stowwe, stadig maar seker. As jy jou daaglikse gewoontes wil verander sodat hulle tred hou met wat jy glo ‘n gesonde leefstyl is, dan moet jy jou nuwe program implementer rondom die 8ste. Jy is dan oop vir veranderinge en wil in beheer wees van jou eie noodlot, wat jou gesondheid insluit. Jy sal sien dat wat jy op ‘n daaglikse basis doen (gewoontes) die uiteinde van elke projek wat jy takel, bepaal. Op die 19de sal jy baie energie en passie hê! Moenie impulsief wees nie, want op die 21ste sal jy gewys word wat om te doen met al daai vuurkrag, of deur jou eie ervaring, of deur iemand met meer ervaring as jy.

Tweeling

Op die oomblik moet jou gewone borrelende self ‘n bietjie sit en ernstig wees. Jou verantwoordelikhede klop aan jou deur en jy mag dalk nie daarvan hou nie! Maar wat gedoen moet word, moet gedoen word. Jou sleutelverhoudings loop deur oor dinge wat jy moes gedoen het, dinge wat jy nie gedoen het nie of wel gedoen het, en nou haal hulle jou in van agter af. Ja, van agter af, want die verlede kom ‘n bietjie kuier. As jy terug dink, kan jy sien watter besluite het meer oorweging benodig voor jy hulle geneem het? Jy sal uitvind rondom die 5de wanneer die son in Tweeling ‘n reghoek maak met Saturnus, die heer van karma (wat-jy-saai-sal-jy-maai-prinsiep). Dinge kan ‘n bietjie moeilik raak. Rondom die 10de word groot illusies onthul vir wat hulle werklik is en al mag dit dalk moeilik vir jou wees om dit te aanvaar, ten minste staar die realiteit jou nou in die gesig, wat dinge meer prakties maak. Daar bestaan ‘n moontlikheid dat mense jou kan misverstaan rondom die 26ste, so probeer om nie so veel te praat nie! Ek weet dis moeilik!

Kreef

So die Kreef gaan vir ‘n kreeftegang stappie op die stand? Ja, dis tyd om van onder daai rots uit te kruip en ophou kluisenaarkrap te speel. Wat beteken skoonheid vir jou? As jy nie onmiddelik ‘n antwoord het nie, sal jy dalk wil uitvind hierdie maand. Dit mag jou dalk net aanspoor om op ‘n soektog te gaan om ware skoonheid te ontdek. En hoe dink jy lyk ‘n “pragtige” verhouding met skoonheid as ‘n grondbegrip? Beteken dit om kreatiewe dinge saam te doen of saam sosiaal te verkeer? Waaraan heg jy waarde in ‘n verhouding en hoe vind jy uit wat dit is? Jy is besig om lewenswyses te bevraagteken wat meeste mense om jou van selfsprekend aanvaar. Rondom die 7de is jou swerflus op sy sterkste, maar jy kan dalk nog nie jou tasse pak nie, want daar is nog dinge wat jou aandag verg. So gee eers aandag aan jou verantwoordelikhede en dan kan jy waai!

Leo

Dit lyk of jy nogal ambisieus voel op die oomblik. Ek is seker die een oog wat nie op die spiel gemik is nie, is gefokus op daardie toppos of op jou eie promosie na “die baas”. Jou kreatiewe fokus is op jou loopbaan en spesifiek op jou kommunikasievaardighede. Jy wil kommunikeer, maar dit voel of jy nie die regte woorde, of gedigte, of liedjies het nie. Hoe  harder jy probeer, hoe erger word dit, so val terug en hergroepeer. Jou skrywers- of kommunikasieblok is op sy ergste rondom die 5de en dan word dit beter. Wees op jou hoede vir interessante en verassende verwikkelinge rondom die 17de. Jou intuisie sal dan sterker wees en jy sal kan dinge aanvoel sonder om jou intellek te gebruik, wat jou so opgekeil het vroëer in die maand. By die 23ste is jy reg vir radikale veranderings.

Maagd

Wonderlik! Die ergste is verby….tot die volgende keer wat Merkurius weer in trurat gaan! Jou energie sal nou die beste aangewend word in die bou en instandhouding van netwerke. Hierdie kan netwerke wees van vriende, kollegas, mense met ‘n spesifieke missie, ens. Moenie verbaas wees as ‘n paar van die kontakte wat jy maak in hierdie lighartige kontekste, ernstig raak nie. Mense wat in die middle van Maagd gebore is, sal die lewe nog steeds ernstig opvat, maar dit is die natuur van Saturnus wat nou so na aan hulle Sonposisie is op die oomblik. Rondom die 10de is daar ‘n verwarring oor hoe om ‘n spesifieke projek aan te pak. Dit voel asof jy nie kan sin maak van iets sodat dit praktiese sin in jou lewe maak nie. Jy is in ‘n gevoelsgebied in jou psige en dit voel onnatuurlik, aangesien jy meer gemaklik is met jou intellek. Probeer iets nuut vir ‘n verandering! Die oplossing lê nie in jou intellek nie, maar ongelukkig sal jy dit wel wil oor-gebruik rondom die 14de wanneer jou heerser, Merkurius, baie-slim-Tweeling betree.

Weegskaal

Dink jy oor die dieper vrae in die lewe of wil jy net gaan wegkruip? Or sommer altwee? Mens kan altwee terselfdertyd doen. Verlede maand was besig en vurig, maar hierdie maand wil jy eerder diep dink. Junie begin nog op verlede maand se vurige noot, maar by die 6de beweeg jy met ‘n vasbeslote grasie. Jy voel nogsteeds intens omdat jou heersende planeet, Venus, uit haar driehoek met Pluto beweeg. Het jy die verhoudingsrewolusie wat jy wou bereik, volbring? Ek hoop jy het, want rondom die 19de wag daar ‘n passievolle tyd op jou! En hierdie keer het dit langtermynpotentiaal, so sit jou beste voetjie voor! Nie dat ek vir jou moet voorskryf nie, o gekultiveerde een! Wees geduldig, dit mag dalk nie so wafers lyk aan die begin nie, want hierdie konjunksie neem plaas in praktiese Stier. Dis meer soos sagte bergwind as ‘n tornado.

Skerpioen

Hmmm. Die Skerpioen wil ook onder ‘n rots wegkruip? Dis ok, jy mag maar. Jy kan nie altyd alles beheer nie. Jou heersende planeet, Mars, het nounet Stier binnegegaan, wat jou nou meer prakties en bedeesd maak. Nou is ‘n goeie tyd om peinsend te wees en dinge af te handel wat al lankal klaar moes gewees het, op jou eie. Rondom die 5de sal jou voel of jy oppad is om jou doele bereik en jy sal daarvoor beloon word. As Mars en Venus by mekaar aansluit op die 19de sal jy sekerlik die passie voel en sal wil onder jou rots uitkruip en gaan saamspeel. Jy sal nog steeds ‘n praktiese aanslag hê, so die konneksies wat jy maak onder hierdie konjunksie sal langtermyn effekte hê op jou toekoms.

Boogskutter

Voel jy nog steeds of jy in troebel waters swem? Ja, jy het die ek-weet-nie-siekte onderlede. En net wanneer jy dink dit word beter in die middel van die maand, is jy, wel, verkeerd. Tot en met die middel van die maand word daar vereistes aan jou gestel om prakties te wees, wat jou dalk net kan iriteer. Eerstens haat jy dit as mense aan jou voorskryf en tweedens voel jy net nie nou prakties nie. Moenie so hard rebelleer dat jy nie jou eie intuisie kan hoor nie, wat op sy sterkste op die 13de is. Bly stil en luister. As jy daarop ingestel is, sal jy kan gedigte skryf, jy sal so geïnspireer wees by die 17de. Wat dan in jou binneste gebeur sal maklik en vloeiend uitgedruk kan word in kreatiewe skryfwerk. Hou ‘n pen/laptop naby! Ons wil dit hoor!

Steenbok

Die wêreld sê: “Kommunikeer met ons” en jy sê “Nee!”. Hoekom is Bokkie dan nou so ‘n halstarrige ou bok? Die son sal hierdie maand op jou kommunikasie issues kom skyn, so jy moet maar na hulle kyk en aan hulle werk. Dit kan wees dat jy te veel praat en dus nie jou punt onomwonde kan maak nie. So wat is dit wat jy vir die wêreld sê? Kom ons begin daar. As jy dit weet kan jy begin om ‘n doeltreffende manier te ontwikkel om jou gedagtes onomwonde uit te druk. Rondom die 21ste kry jy ‘n lekker energie hupstootjie en voel jy weer in jou element en dis volstoom vooruit! Stadig en stemmig (nie wild en wakker nie) pas ‘n statige ou Bok goed. As jy nie jou boodskap tuis kon bring in die begin van die maand nie, gaan dit jou op jou bokboud kom byt rondom die 26ste. So maak seker, almal, jy inkluis, kry die memo.

Waterdraer

Jou familie en tuislewe kan eerder ‘n bron van inspirasie of frustration wees hierdie maand. Hoe dit ookal sy, is daar baie energie in hierdie area. Jy is voel baie sensitief oor tuissake, wat kan hulpvol wees, as jy stil sit en waarneem. Volg jou intuisie, aangesien dit juis nou stark is. Kommunikasie is van belang by die werk rondom die 5de. Dit voel asof jy nie jouself verstaanbaar kan maak teenoor vennote of mense wat op dieselfde vlak as jy werk nie. Hulle mag dalk dink dat jy dinge oor-analiseer en hulle kreatiwiteit uit hulle uit kritiseer. Maar jy kan julle verskille oorkom rondom die 21ste, wanneer jy nie meer so veroordelend voel nie, en daar niks is wat nie oor ‘n koppie tea/ bottle wyn uitgepraat kan word nie! Jy mag dalk sien jy is nie altyd reg nie. Vreemd, ek weet.

Vis

Voel jy meer sensitief as gewoonlik, Vissie? So wat kan ‘n vis dan met al hierdie gevoelens doen? Jy kan dit gebruik, weet jy? Wat ookal jy voel kan uitgedruk word in jou eie unieke kreatiwiteit. Dit hoef nie “mooi” te wees, of verstaan te word deur enige iemand anders nie, so lank dit net betekenis vir jou inhou en jou die kans gee om uit te druk wat binne in jou aangaan. Dit sal jou instaat stel om met jou intuïsie in kontak te kom. Moenie verbaas wees as ou wonde van die verlede of mense wat hulle toegedien het weer ‘n draai maak nie. Werk daarmee in jou kreatiewe spasie sodat jy kan vrede maak daarmee en boonop kan sien wat jy van die ervaring geleer het. Rondom die 6de sal daar praktiese werk vereistes aan jou gestel word. Dit sal moeilik wees om aan hulle te voldoen omdat jy nou meer intuitief as prakties voel en nie lus voel vir kommunikeer nie. Moenie worry nie, jy sal meer geselserig in die middel van die maand voel.

header_logo


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.