Posted by: astrodate | October 7, 2009

Jou Sterre Voorspel vir Oktober 2009

Jou Sterre Voorspel vir Oktober 2009

 

Ram

Jou loopbaan kom aan die beurt hierdie maand, maar jy benader dit nie met jou gewone voortvarendheid nie. Inteendeel, dit voel asof jy dinge skuinsweg en versigtig benader. Jy moet al jou opsies versigtig opweeg, want daar is moontlikhede wat nie voorspel kan word nie. Verwag die onverwagse rondom die 4de, veral van buitelandse bronne. Die wysheid wat al klaar in jou skuil sal uit gebring word deur iemand in jou werkskringe wat nie van hierrond is nie. In die middel van die maand is daar ‘n geleentheid om jou intuïsie saam met iemand anders se aandag aan detail en finansiële vernuf in te span. Wanneer jou heerser, Mars, vurige Leeu binne gaan op die 17de, sal jy weer die kreatiewe vuur voel brand and dan wil jy weer laat waai! Gebruik hierdie impetus vir goeie leierskap sonder om te domineer, sodat jy nie jou meerderes of die teenoor wie jy delegeer, irriteer nie.

 

www.astrodate.co.za

 

Stier

Hierdie maand is dit jou plig om ons te inspireer. Ons soek innoverende progressiewe denke en oorspronklike idees wat gebruik kan word om die wêreld ‘n beter plek te maak. Begin ‘n rewolusie vir ‘n beter samelewing! Ja, jy is ‘n praktiese mens, maar soms moet iemand ‘n vuur onder jou maak om jou aan die gang te laat kom. Iemand wat goed is met details en logistiek sal jou presies wys wat om te doen. Rondom die middel van die maand mag jy dalk vasgevang voel oor ‘n onvoorspelbare situasie. Jy weet dan nie of jy moet deurdruk en dit maak werk nie, of heeltemal van rigting te verander nie. Jou intuïsie is dan sterk, so gebruik dit, eerder as om jouself blind te staar teen die “feite”. Die pas voel dalk vetraag, maar jou ondervinding kom jou goed te staan. Samewerking sal wonders verrig vanaf die 15de, veral as jy dit van die kuierkant benader- gryp ‘n glas wyn en gesels! Spanning neem af rondom die 17de en jy voel nie meer so verantwoordelik nie. Die geluk tref jou aan die einde van die maand, so gebruik die geleentheid.

 

www.astrodate.co.za

 

Tweeling

Jou aandag word getrek deur spirituele dinge hierdie maand, maar die probleem is dat jy dit van ‘n logiese oogpunt probeer verstaan. Probeer om nie al jou issues oppervlakkig te bewerk nie, maar kies een (ek weet dis moeilik) en doen ‘n deeglike ondersoek. In die begin van die maand sal afsondering ‘n goeie idee wees vir jou en jou kans gee vir diepe bepeinsing. Gaan mediteer! Jou gedagtes is baie besig, maar kom tot skreiende stilstand tussen die 8ste en die 11de, so daar is ‘n goeie kans vir skrywersblok, sou ek sê. Doen al die praktiese goed wat moet gedoen word- maak alles reg wat Merkurius in trurat gebreek het! Gebruik jou tyd om prakties te wees, want van die 11de wil jy net speel en sosiaal verkeer. Aangesien jy op ‘n spirituele verkenningstog is, kan jy ‘n paar artistieke projekte aanpak; alleen of saam met iemand wat op jou selfde golflengte is.

 

www.astrodate.co.za

 

Kreef

In die begin van die maand is jy vol inspirerende energie en almal wil meer van jou hê, waarookal jy gaan. Dis nie nou die tyd vir knussies by die huis sit, soos jy gewoonlik daarvan hou nie, maar wel die tyd om ‘n bietjie jou liggie te laat skyn! Kom aan, die wêreld benodig meer van jou sagte maanlig, jou empatiese begrip, jou koestering en omgee, so laat ons dit sien! In die begin van die maand is dit ook ‘n goeie tyd vir ‘n bietjie van ‘n “make-over”. ‘n Verandering van omgewing sal ook wonders doen, want as jy die buitenste verander, sal jou gevoelens ook verander en die veranderde omstandighede sal jou nuwe perspektiewe gee. Jou drang vir verandering is die sterkste rondom die 12de. Volmaan op die 4de in Ram bring ‘n nuwe begin, so hou tred met jou heerser (die Maan) se energie, o sensitiewe maansiel en begin iets nuut.

 

www.astrodate.co.za

 

Leeu

Kreatiwiteit en verdienste gaan hand-aan-hand hierdie maand. Hoe meer die kreatiewe sappe vloei, hoe meer balanseer die bankbalans… Jy hoef dit nie eers alles self te doen nie. Ons weet jy is kreatief-begaafd, maar jy is nie die enigste leeuwelpie in daardie werpsel nie. Gun ander om ook hulle kunstige sy te wys, en dit sal jou ook goed te staan kom. Kreatiewe skryfwerk kom aan die beurt, asook welsprekendheid, so as jy nog altyd in die media wou wees, nou is die tyd! Bel jou gunsteling radio stasie en ek wed jou jy sal deurkom! Wat jy sê en hoe jy dit sê sal ‘n inpak hê op jou verdienste. Rondom die 11de is jy in ‘n romantiese bui en dit gaan klopdisselboom. Rondom die 17de is jy heel dromerig and niks kan verkeerd gaan in jou wêreld nie. Maar by die 24ste word jy terug aarde toe gebring met kragstruwelinge en argumente wat nie kan vermy word nie.

 

www.astrodate.co.za

 

Maagd

Ek’s seker jy is bly Merkurius is nie meer in tru-rat nie en nou kan jy ‘n sug van verligting slaak. Maar jy is nog nie die bult uit nie, want jou gedagtes spook nog by jou oor al die onvoorspelbare dinge in jou omgewing. Jy voel dalk of jy net wil weghol aan die begin van die maand, maar dinge kalmeer radikaal by die 7de. Dalk so baie dat jy gefrustreerd voel. Hokaai en moenie vinnige besluite maak of dinge sê in die hitte van die oomblik wat jy dalk sal berou nie. En hokaai veral met jou kritiek, totdat jy al die feite byderhand het. Maak seker dat jy nie gemanipuleer of gebruik work deur iemand in ‘n sosiale situasie, in die middel van die maand nie. As jy dit kan doen, is die res van die maand geen probleem nie. Daar is ‘n paar lekker geleenthede wat oor jou weg kom aan die einde van die maand.

 

www.astrodate.co.za

 

Weegskaal

Met die Son wat deur jou teken reis hierdie maand, is dit tyd vir ‘n partytjie! So gryp ‘n paar kersies en begin koek bak! Dis ‘n goeie tyd om te vier en sosiaal te verkeer met familie, want huis en familie is hierdie maand op die agenda. Daar is kwessies van verantwoordelikheid versus persoonlike vryheid wat jou aandag verg. Miskien voel jy dat jy familie te veel van jou verwag en dat hulle nie so hard op jou moet wees nie. Wat ookal jy besluit, maak seker dat wat jy doen regverdig teenoor jouself en ander is. Moenie te hard party nie, want in die middel van die maand kan jy dalk ly as jy jou sisteem onder stres plaas. Daar is baie besluite om te maak hierdie maand, maar aan die einde van die maand is dit makliker om hulle te maak. Maak soos gewoonlik- bespreek dit totdat daar niks oorbly nie en jy weet wat jy eintlik dink. Jou broers en susters kan goeie klankborde wees.

 

www.astrodate.co.za

 

Skerpioen

Dist tyd om te ontspan, pret te hê en die lewe te laat vloei. Jy voel heel romanties en liefderyk en aan die begin van die maand is daar dalk net iemand wat ontvanklik voel. Jy voel asof jy wil vry wees om te speel en uiting gee aan jou diepste gevoelens. (Ons weet almal dat ‘n Skerpioen altyd gevoelens terughou, sodat niemand hulle kan beheer nie!) Tot die 17de gee jy aandag aan jou tuisomgewing en bring veranderinge aan sodat dit meer na jou smaak is, maar na die 17de is dit speeltyd! Gryp ‘n kind/ hond/ lover/ verfkwas/ musiek instrument en laat waai! Pasop vir woordestruwelinge teen die einde van die maand. Net omdat iemand stilbly, beteken dit nie hulle het nie ‘n opinie nie. Ondersoek wat dit kan wees, anders mis jy dalk iets belangrik. Moenie rof met ander se gevoelens omgaan nie, anders sal hulle jou kwalik neem.

 

www.astrodate.co.za

 

Boogskutter

Jip, dis tyd om daai alewige drange na vryheid te onderdruk en ‘n bietjie disipline te leer. Sien hoe elke dag se aksies ‘n verskil maak aan die groot prentjie. Jy is baie goed met langtermyn doelwitte opstel, maar nie so goed wanneer dit by implementering kom nie. Jy moet nou die alledaagse takies verrig om te vorder tot die doelwit. In die middel van die maand is jy in ‘n goeie posisie om nuwe vennootskappe te maak wat finansiële bevordering vir jou beteken. As jou heerser, Jupiter, van trurat na eerste oorskakel on die 14de, dank kan jy maar laat waai. Geen rondneuk in reverse vir hierdie Sentaur meer nie. Brei dan jou netwerk uit en pomp nuwe oorspronklike idees deur daardie kanale. Mense wat jy van ‘n afstand bewonder het, sal dan notisie van jou neem. Daar is romance in die lug rondom die 28ste.

 

www.astrodate.co.za

 

Steenbok

Dis maak of breek tyd in ‘n belangrike verhouding or vennootskap rondom die begin van die maand. Dinge is buite jou beheer en hoe meer jy teen die prikkels skop, hoe harder skop hulle terug. In hierdie situase is die wysste ding om te doen om realiteit te aanvaar, maar dit is ook die moeilikste ding om te doen! Moenie verstrengel raak in blameerdery nie, want dit maak jou net swak as jy dink iemand anders is verantwoordelik vir jou en het beheer oor jou lewe en resultate. As jy jouself vasstaar aan alles wat “verkeerd” is, weerhou jy jouself daarvan om die geleenthede te sien wat uit die nuwe onbeplande situasies kom. Daar is ‘n geleentheid vir ekstra verdienste rondom die 14de, so wees op die uitkyk en slaan toe as die yster nog warm is, want die geleentheid is van korte duur.

 

www.astrodate.co.za

 

Waterdraer

Nou is die regte tyd om te belê in…jou! Ook as jy ‘n goeie idee het en ander se hulpbronne nodig het om dit te laat werk, dan is nou die tyd. Mense is nou oop vir jou mal idees en ook wat jy te sê het, so hulle sal luister en dalk ook jou nuuste skema finansieel ondersteun. Maak seker jy ondersoek die lewensvatbaarheid goed. Daar kan ‘n kwessie van ondervinding versus innovasie wees. Daar is ook ‘n kwessie van perspektief wat opgelos moet word rondom die 8ste. Jy moet ‘n stap terug neem, diep asem skep en terug kom om die saak uit ‘n ander hoek te beskou. En moenie kritiseer wat jy nie verstaan nie. Vra eers vrae. Rondom die 14de is dit behulpsaam om ‘n vrou se opinie op die kwessie te kry vir ‘n ander perspektief, soos om die fynskrif raak te sien. Dis nie een van jou sterk punte nie.

 

www.astrodate.co.za

 

Vis

Daar is ‘n avontuur op die kaarte, of in die sterre, hierdie maand. Jy gaan in ‘n totale ander rigting die maand en ondersoek diep dinge waarvan jy nooit sou kon droom nie. As jy iets obskuur wil bestudeer is nou die kans. Vissies hou mos daarvan om hulleself te verloor in fantastiese surealistiese plekke/ boeke/ onderwerpe…En terwyl jy dit doen, wat ‘n paar maters saam om die reis mee te geniet. Rondom die 11de is dit tyd om sosiaal te verkeer. Organiseer ‘n parytjie or maak ‘n paar koues oop. Die lewe loop lekker en dit raak sommer beter rondom die 14de wanneer Jupiter, jou heerser, uit trurat kom en vorentoe (direk) begin beweeg. En jy sal ook. Gaan direk na waar jou sterk Vis intuïsie jou lei. Luister na jou innerlike leiding. Nee, die heilsame een! Die een wat in lyn is met universele liefde. Fokus op dankbaarheid, spesiaal vir verhoudings wat jou deur dik en dun gedra het.

 

Written by Babett Baer for AstroDate

For information, visit www.astrodate.co.za

For personal readings, counseling & Astrological analysis,

phone 083 2385250 or email info@astrodate.co.za

 

 

 


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.